EntertainmentLifestyleLocal newsNews

KYK: Neil verken die Namib-woestyn

Kom verken die Namib woestyn saam met Randfontein se eie wêreldbekende akteur Neil Sandilands op KykNET se DStv-kanaal 144 op Saterdae om 18:00.

Oud-Randfonteiner en deesdae wêreldbekende akteur asook musikant, Neil Sandilands was onlangs die aanbieder van die kykNET-program Die Groot Niks waartydens hy die Namib-woestyn verken het.

“Dit was vir my geweldig lekker om myself te gaan meet aan ‘n hele nuwe stel mense wat ek glad nie geken het nie,” het Neil uit Auckland, Nieu-Seeland vir die Herald gesê. Hy het vertel dat hy hierdie geleentheid met albei hande aangegryp het en hy glimlag steeds van oor tot oor.

Volgens Neil het Hannes Visser en Waldo de Waal hom in Februarie verlede jaar genader oor die konsep en hy het baie daarvan gehou, veral van die titel Die Groot Niks.

As ‘n mens so op die keper daarna kyk dan is dit twee eintlik abstrakte kontrasterende begrippe – die groot, die omvanryke, die totaliteit; en dan die niks, die nut, die nuwigheid, verganklikheid; dit het my gedagtes gestimuleer.”

Neil het verduidelik dat hy en die span vir Volker Jahnke, ‘n verstommende bron van historiese en geografiese kennis van die gebied, die mense en hul kultuur ontmoet het wat hul gids was is Namibië.

“Die musiek het ek uiteraard geniet om te doen, dit het soort van op die pad gebeur. Ek het begin dink waarna mense dan juis sou wou kyk. Dit was nie vir my genoeg om net daar as ‘n konvensionele aanbieder te staan met die mikrofoon in my hand nie; en dan was daar die lugfoto’s. Ek het die ou ukulele, wat eintlik my reisgesel is, saamgevat en daar in die woestyn het ek soms riffs begin tokkel. Miskien is ek deur die landskap geïnspireer, en daardie werke het stelselmatig hul plek in die reeks gevind nadat sy voorstel aanvaar is om daardie stukkies uit te bou en musiek daarvan te maak.

Wat ek daarmee probeer sê is dat dit ‘n totale aanslag is; jy bring ‘n bietjie van jou persona na die partytjie toe.”

Die Groot Niks is laat in Oktober, vroeg in November verfilm en hulle het nagenoeg tien dae in die Namib deurgebring.

“Ons het vroeg soggens opgestaan en dan is ons in die voertuie want ons moes ‘n aantal myle per dag maak. Daar het allerhande goed langs die pad gebeur, soos die twee bruin hiënas wat ons helder oordag gesien het, maar die landskap verleen hom tot interpretasie.”

Kom verken die Namib-woestyn en al sy geheime saam met Neil. Die Groot Niks word op kykNET se DStv-kanaal 144 op Saterdae om 18:00 uitgesaai.

Neil Sandilands, aanbieder van ‘Die Groot Niks’. Foto: KykNET.

Related Articles

Back to top button