Hoërskool Jan Viljoen

Hoërskool Jan Viljoen is trots op hul uitslae na `n baie uitdagende jaar. Jannas se top vakke is Engels; Lewensoriëntering; Visuele Kuns asook Elektries. Hoërskool Jan Viljoen se Engels is die toppresterende vak en LO spog met die hoogste graadgemiddeld.

As die skool met die grootste verskeidenheid vakkeuses, is ons trots om te sê dat 11 van ons vakke 100% slaagsyfer behaal met pragtige vakgemiddeldes. Gemiddeldes is almal bo 50% en 60%

Alhoewel Jannas `n kleiner graad 12 - groep gehad het as in 2020 het Hoërskool Jan Viljoen meer onderskeidings verwerf. Ons top Presteerders is:

Zurica van Heerden – 5 Onderskeidings

Michelle Kruger – 4 Onderskeidings

Ruben Mouton – 3 Onderskeidings

Jean Kruger – 3 Onderskeidings

Skakel ons gerus indien u enige navrae oor ons puik skool het en besoek ons webwerf om self te sien hoe denamies die WOW skool is.

Tel nommer: 011 693 5204 | Sanette Crous | Epos: admin2@hsjanviljoen.com

Webblad: www.hsjanviljoen.com

Back to top button