Local sportSport
Riebeeckrand hou interhuis vol gees
Daar het 'n lekker gees geheers en die atlete het net hul beste gegee.
Dit was ‘n groot dag propvol atletiek en geesvang tydens Hoërskool Riebeeckrand se jaarlikse interhuis.
Die atlete het op ‘n sonnige Donderdag, 20 Januarie aan items deelgeneem soos gewigstoot, vêrspring, hekkies, spiesgooi, diskus en hoogspring.
Daar het ‘n lekker gees geheers en die atlete het net hul beste gegee.
Hier is ‘n paar van die uitslae:
• Die Geesbeker-wenners – Oranjespan
• Die algehele wenspan – Oranjespan
• Junior victrix ludorum – Lesha Pio met 2 048 punte
• Junior victor ludorum – Nthando Lamola met 2 115 punte
• Senior victrix ludorum – Liezl Pio met 1 901 punte
• Senior victor ludorum – Keagan Matos met 2 166 punte