Die leerders van Hoërskool Jan Viljoen het op Vrydag, 14 Januarie hul jaarlikse interhuisbyeenkoms gehou.
Die leerder het in spanne volgens hul grade deelgeneem en almal het dit vreeslik geniet. Die skool het ook hul junior en senior victor en victrix ludorum aangewys, en hierdie atlete het die beste presteer in hul items.
Baie geluk aan almal wat so goed gevaar het tydens die byeenkoms.
Die uitslae is soos volg:
• Graad 8: 478 punte
• Graad 9: 245 punte
• Graad 10: 315 punte
• Graad 11: 403 punte
• Graad 12: 284 punte
Die victor en victrix ludorums is soos volg:
• Karmien van Coller (junior victrix ludorum) – 1 756 punte
• Stefan Swarts (junior victor ludorum) – 1 693 punte
• Angelique Ayers (senior victrix ludorum) – 1 186 punte
• Junior Kwinda (senior victor ludorum) – 2 214 punte