NewsSchools

Jannas spog met 11 nuwe personeellede

Hoërskool Jan Viljoen het vanjaar 11 onderwysers ryker geword wat hul leerders se lewens gaan verryk deur die onderrig wat hulle verskaf.

‘n Nuwe jaar beteken gewoonlik ook nuwe onderwysers!

Hoërskool Jan Viljoen is baie opgewonde om hul nuwe personeellede aan die gemeenskap voor te stel.

Die skool het vanjaar 11 onderwysers ryker geword wat hul leerders se lewens gaan verryk deur die onderrig wat hulle verskaf.

Die nuwe personeellede:

• Ben Engelbrecht gee Wiskunde vir Graad 10 en 11
• David Axsel gee IGO vir Graad 10 en 12
• Erenst Roets gee Wetenskap vir Graad 8 en 9
• Lafras Uys gee Wiskunde vir Graad 8
• Clarence de Jongh gee RTT vir Graad 10 en 11
• Nicole Willemse gee Afrikaans en Engels vir Graad 9 en 10
• Elaine Fourie gee Wiskunde en Wiskunde Geletterdheid vir Graad 9 en 10
• Anel van der Merwe gee Engels Huistaal vir Graad 8 en 11
• Annalise de Bruyn gee Wiskunde Geletterdheid vir Graad 11
• Charlene van den Heever gee Afrikaans vir Graad 8 en 9, Sosiale Wetenskappe vir Graad 9, en Lewensoriëntering vir Graad 10 tot 12
• Danica da Silva gee Toerisme vir Graad 10 en 11, en Sosiale Wetenskappe vir Graad 9

Hoërskool Jan Viljoen verwelkom graag elke nuwe onnie by die Jannas-familie.

Nicole Willemse, Elaine Fourie, Anel van der Merwe, Annalise de Bruyn, Charlene van den Heever en Danica da Silva. Foto: Michelle Roodt.
Lafras Uys, Clarence de Jongh, Erenst Roets, David Axsel en Ben Engelbrecht. Foto: Michelle Roodt.

Related Articles

Back to top button