Nuwe bestuur vir VLU Middelvlei-tak
Vrouelandbou-unie (VLU) se Middelvlei-tak het onlangs hul eerste vergadering van 2022 gehou asook hul nuwe bestuur gekies.
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/3/2022/01/IMG_7432_46975_tn.jpg)
Die dames van die Vrouelandbou-unie (VLU) se Middelvlei-tak het op Donderdag, 13 Januarie by Cafe Esspresso bymekaar gekom vir hul eerste vergadering van 2022 asook die verkiesing van hul nuwe bestuur.
Na die verkiesing het die dames ‘n heerlike ontbyt saam geniet en nuus uitgeruil na die lang vakansie. Hulle het ook twee nuwe lede by die VLU verwelkom.
Die nuut verkose bestuur is soos volg:
âą Voorsitter â Ria Herbst
âą Visevoorsitter â Elaine de Koker
âą Sekretaresse â Lizelle Viviers
âą Tesouriere â Judie Wagner
âą Puntebeampte â Bokkie Meyer
âą Addisionele lede â Frances van der Merwe, Anna Marie van Dyke-Geyser en Trudy Holtzhausen
Anna Marie en Trudy is die nuwe lede wat aangesluit het.
Ria het vertel dat hulle baie uitsien na die jaar wat voorlĂȘ.
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/3/2022/01/IMG_7425_46974_tn.jpg)