NewsSchools

Rappies se nuwe groep Graad 1’s is hier!

Laerskool Rapportryer se Graad 1's is gereed vir die nuwe jaar wat voorlê.

Talle Graad 1-leerders van Laerskool Rapportryer was vreeslik opgewonde oor hul eerste dag van grootskool.

Die leerders was netjies aangetrek en daar was nie ‘n haar uit plek nie vir die eerste amptelike dag van hul laerskoolloopbaan op Dinsdag, 11 Januarie 2022.

Rappies se 2022-groep Graad 1’s het die kans gehad om hul klasse te sien, onderwysers te ontmoet en hul maats beter te leer ken, en hulle het sommer vinnig aan die werk gespring en reeds begin inkleur met hul nuwe kryte.

Die Graad 1-leerders is gek oor Rappies se nuwe gelukbringer. Foto: Michelle Roodt.

Tydens die oggend het selfs die nuwe Rappies-gelukbringer vir elke klas kom groet, en die leerders kon elkeen vir die gelukbringer ‘n naam neerskryf. Die nuwe naam sal later gekies word.

Die glimlagte onder die leerders was aansteeklik en daar is nie eers een traan tydens die oggend gepink nie.

Lumari Brits. Foto: Michelle Roodt.
Xander Carolus is reg om te werk. Foto: Michelle Roodt.
Mi-Andri Swanepoel en Keanu le Roux glimlag op die eerste dag van grootskool. Foto: Michelle Roodt.
Zander Snyman. Foto: Michelle Roodt.
Leamè Greeff lyk te pragtig op haar eerste dag in die grootskool. Foto: Michelle Roodt.
Milienke Mulder sien uit na Graad 1. Foto: Michelle Roodt.
AJ Smit is baie opgewonde oor grootskool. Foto: Michelle Roodt.
Zethan Naude en Kiana Vosloo saam met die skool se gelukbringer. Foto: Michelle Roodt.

Related Articles

Back to top button