NewsSchools

Rappies-musiekskool presteer by RACA ten spyte van pandemie

Leerders van Rappies se musiekskool het vanjaar talle toekennings ontvang by RACA – 26 goud-, 19 platinum- en 18 diamant-toekennings tot dusver.

Ten spyte van die pandemie het die musiekskool van Laerskool Rapportryer uitstekend presteer tydens vanjaar se Randfontein Arts and Culture Association (RACA).

Skoolwoordvoerder Esme Botha het vertel dat die musiekskool met drie musiekonderwysers spog, naamlik Annalien du Plessis, Lizette Furstenberg en Carel J Nel.

Hulle bied klasse aan vir oud en jonk in onder andere kitaar, klavier, viool, klawerbord, tjello, blokfluit en kerkorrel. Sommige uitslae is nog uitstaande maar sover spog leerlinge met 26 goud-, 19 platinum- en 18 diamanttoekennings.”

Hierdie Laerskool Rapportryer-leerders het aan RACA deelgeneem:

• Nelco Geldenhuys
• Nelia Botha
• Johnathan Rautenbach
• Harley Jacobs
• Lenthe Mare
• Hermari de Klerk
• Danica Bootha
• Leandre Scholtz
• Dean Mans
• Leanie Benecke
• Ilze-Mari Wagner
• Reuben Allers

Related Articles

Back to top button