Local newsNews

Nog manne van GPF Sektor 5 (Hillside-area) gekies om dorp veilig te hou

Die Sektor 5 Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) het onlangs nog nuwe bestuurslede gekies en bekendgestel.

Met die feestyd in die lug het die Sektor 5 Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) nog nuwe bestuurslede aangewys en bekendgestel wat gebiede soos Middelvlei, Kocksoord, Ten Acres en Hillside sal bedien.

Hulle is voorsitter Kevin Webster, Adolf van Zyl (patrolleerderkoördineerder) en Tebogo Seletisha (ondervoorsitter).

Lees ook: ‘Ons is hier vir julle’ – GPF Sektor 5

Adolf is ‘n verteenwoordiger vir die myne en het vertel dat hy by die GPF aangesluit het omdat dit lekker is en hy so iets doen vir sy gemeenskap.

Tebogo is ‘n aspirantboer en het besluit om ‘n GPF-lid te word om die gemeenskap veilig te hou omdat misdaad geen perke ken nie.

Kevin is ‘n eiendomsagent en wil misdaad verminder sodat die dorp veiliger is om in te bly.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button