Local newsNewsSchools

Jannas-leerder maak naam in modelwêreld

Sy het onlangs in twee kompetisies presteer en beplan om nog groot dinge in haar modelloopbaan te bereik.

‘n Talentvolle leerder van Hoërskool Jan Viljoen presteer nie net akademies nie, maar ook in die wêreld van modelwerk.

Die beeldskone Sinhead Hall is tans in Graad 11.

Sy het onlangs in twee kompetisies presteer en beplan om nog groot dinge in haar modelloopbaan te bereik.

Sinhead het op Sondag, 10 Oktober aan Miss Junior Teen SA deelgeneem waar sy die top tien gehaal het vir Miss Teen SA. Sy is ook aangewys as tweede prinses in Face of Teen SA en het die top ses gehaal waar sy die Princess of the Planet-titel gewen het.

Die beeldskone Sinhead Hall. Foto: Michelle Roodt.

Die naweek van die 16de Oktober het sy deelgeneem aan ‘n Royal King and Queen-kompetisie wat haar modelskool, Body and Fit Fashion gehou het.

“Dit is ‘n liefdadigheidskompetisie waar die wenners hul ingesamelde geld oorhanding aan die liefdadigheidsorganisasie van hul keuse. Myne is Door of Care and Safety.”

Sy beplan om volgende jaar haar afrigtingskursus te doen sodat sy kompetisies kan beoordeel. Sy beplan ook om deel te neem aan die Model SA-kompetisie.

Related Articles

Back to top button