Local newsNews

Oom Corrie, gereelde briefskrywer aan Herald sterf

Sy diens het plaasgevind uit die Hervormde Gemeente Carletonville.

Die 73-jarige Corrie Louw van Randgate en gereelde briefskrywer aan die Herald is onlangs oorlede.

Loraine Louw, Corrie se eksvrou het bevestig dat hy weens ‘n hartaanval op Saterdag, 30 Oktober oorlede is. Corrie word oorleef deur twee seuns, Cornè en Pierre Louw, asook twee broers, ‘n suster, sy eksvrou Loraine en drie kleinkinders.

“Hy was sportmal, veral oor krieket en rugby, en ‘n baie groot WP-ondersteuner. Ons was albei lief vir musiek en al was ons ‘weggenote’ – geskei – het ons nog vir mekaar omgegee. Ons het mekaar gereeld herinner om Saterdagaande na U eie keuse te luister,” het Loraine vertel.

Hy was baie lief vir tuimaak en oral waar hy gebly het, het hy tuin gemaak.

Oom Corrie, soos die Herald hom ken, het vir verskeie koerante geskryf. Daar was van sy berigte selfs in Beeld toe Tim du Plessis redakteur was. Hy het ook vir Caxton Local Media-koerante geskryf, onder andere vir die Herald.

Van Oom Corrie se briewe is hier beskikbaar:

Wat val nog op in die inperkingstyd 
G’n omgee vir jou medemens nie
Eskom of Esgaan?
Tekens van die tyd
Dankie vir die teddies tannie
Wat is ons nuwe normaal?
Dis hoe dinge gedoen moet word! 
Suid-Afrika, ons het baie werk om te doen

 

Related Articles

Back to top button