Local newsNews

Plaaslike tweejarige wen Lollos-kompetisie

Franzel Swanepoel, 2, is gekies as die algehele wenner en gaan binnekort in Lollos se nuwe musiekvideo verskyn.

Die blondekopdogtertjie Franzel Swanepoel is onlangs as die wenner van die Lollos Kompetisie aangewys.

Die tweejarige het ‘n R5 000-kontantprys gewen en sy gaan ook binnekort in die nuwe Lollos-musiekvideo verskyn.

Haar trotse ma, Zelna Swanepoel het vertel dat sy die kompetisie op sosiale media raakgesien en haar dogter ingeskryf het deur ‘n foto van Franzel in te stuur. Talle kinders van regoor Gauteng het ingeskryf.

“Haar kode was onder liedjienommer drie en jy moes die kode SMS na die gegewe nommer toe. Dit het baie SMS’e geverg,” het haar mamma vertel.

Hulle is almal baie opgewonde oor hoe goed Franzel gevaar het in hierdie kompetisie.

Related Articles

Back to top button