NewsSchools

Kleuters en hul grootouers hou atletiek by Ramkriekies

Die kleuters het hindernisbane voltooi asook gehardloop tydens die pretdag.

Die kleuters van Ramkriekies Kleuterskool het baie pret gehad tydens hul Lenteloop wat op Saterdag, 30 Oktober plaasgevind het.

Hulle het hindernisbane voltooi asook gehardloop tydens die pretdag.

Noah Davis.

Annalie Grobbelaar, ‘n onderwyser by die kleuterskool het vertel dat die deelnemers gewissel het van eenjariges tot oupas en oumas.

Dit was ‘n dag van lekker pret en plesier, en die maats het behoorlik om die bane gehardloop. Daar was ook motorfietsryers wat dit vir ons nog ekstra spesiaal kom maak het,” het sy vertel.

Annalie bedank ook vir EPR vir die lekker musiek wat hulle verskaf het, asook die lede van die Tenaz-motorfietsklub.

Juanique Ras.

Related Articles

Back to top button