![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/3/2021/10/IMG_8481_37189.jpg)
Dit was ‘n wonderlike aand van kultuur en drama toe Hoërskool Riebeeckrand hul jaarlikse kultuuraand op Donderdag, 14 Oktober gehou het.
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/3/2021/10/IMG_8408_08087-e1635503928827.jpg)
Daar was optredes deur elke graad se dramagroepe, Riebeeckrand se spreekkoor, asook die skool se HRD-Crew-dansgroep.
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/3/2021/10/IMG_8381_73144.jpg)
Elke graad het wonderlike dramastukke opgevoer en die applous van die gehoor na elke optrede was iets om te beleef.
Die emosie waarmee elke stuk aangebied is, was ook iets besonders.
Dit was beslis ‘n aand wat nie sommer vergeet sal word nie.
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/3/2021/10/IMG_8347_60924.jpg)
Middel: Charalene Olivier, Cheri van Niekerk en Junior Khumalo.
Voor: Gizelle van Rooyen. Foto: Michelle Roodt.