Talle gemeenskapslede het op ‘n sonninge Saterdag, 23 Oktober na die Randfontein Spur-gronde gestroom vir die Cast Aways Animal Sanctuary se somerfees.
Daar was stalletjies wat verskeie goedere verkoop het wat gewissel het van speelgoed tot lekkernye. Daar was ook ‘n motorskou waar verskeie unieke voertuie ten toon gestel is terwyl vermaak deur Grizz, Belinda Davids, Jessie Boston, Marilyn, Maryna Booysen en die Achy Breaky Line Dancers verskaf is.
Daar was boonop ‘n wolfhondskou waartydens akteur Jonathan Pienaar gesels het oor hierdie wonderlike diere.
Selfs die Randfontein Oval Renbaan het hul karre uitgestal.
Louisa Rossouw, eienaar en stigter van Cast Aways het vertel dat die fees gehou is om geld in te samel om hoofsaaklik hul veeartsrekeninge te kan betaal.
“Ons het ‘n wonderlike dag gehad en is dankbaar teenoor elkeen wat ‘n sukses daarvan gemaak het.”
Meer fotos hier:
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.