Local sportSport
Acro Dynamics-akrobate presteer by nasionale kompetisie
Hulle het briljant presteer en is met minstens nege gouemedaljes huis toe.
Acro Dynamics se akrobate het Randfontein se naam hoog gehou tydens die skoolvakansie.
Hulle het van Maandag, 4 Oktober tot Woensdag, 6 Oktober aan die IAAASA nasionale kompetisie in Rustenburg deelgeneem.
Hulle het briljant presteer en is met minstens nege gouemedaljes huis toe.
Die akrobate het in verskeie kategorieë deelgeneem, soos solo’s, groepe, trio’s en duets.
Anne-Marie de Villiers, hul afrigter, was baie beïndruk met haar studente wat so puik presteer het.
“Ek is baie trots op hulle,” het sy vertel.
Acro Dynamics bedank graag vir Lund Afslaers wat hulle gholfhemde geborg het.
You can read the full story on our App. Download it here.