KYK: Pret en plesier saam met Teine
Daar was hoëhakskoene, diskoligte en pret, en daar is gedans soos in die goeie ou dae tydens Randfontein Rugbyklub se #Teineboys-aand.
Dit was ‘n aand van dans en aangename geselskap tydens die Randfontein Rugbyklub se #Teineboys-aand.
Die manne en hul ‘beterhelftes’ het op Woensdag, 6 Oktober vet pret tydens hul disko-aand gehad.
Kyk hier:
Klubbestuurder Lulu Kleyn het gesê dat ‘n #Teineboys-aand nou elke maand gehou gaan word as ‘n fondsinsameling vir die klub, en dat hulle elke maand ‘n ander borg sal hê. Hierdie maand se borg wou anoniem bly.
“Ons het gereeld elke maand ‘n #Teineboys-noenbyt op Vrydae gehad waartydens besigheidseienaars genetwerk en lekker geëet het, maar toe kom Covid-19.
“Gisteraand (6 Oktober) was weereens ‘n groot sukses. Almal was in ‘n jolige bui en het tot laat gekuier. Daar was hoëhakskoene, diskoligte en pret, en daar is gedans soos in die goeie ou dae,” het Lulu vertel.
“Dankie vir die Randfontein-manne se ondersteuning gisteraand. Ons het baie goed gedoen en dit is lekker as die gemeenskap nog so bymekaar kan kom,” het Johan Cronje, voorsitter van die klub gesê.