NewsSchools

Trotse Rappies in onderskeie Gauteng-Wes krieketspanne opgeneem

Vier krieketspelers van Laerskool Rapportryer is onlangs in Gauteng-Wes krieketspanne volgens hul ouderdomsgroepe opgeneem.

Laerskool Rapportryer is trots op vyf van hul krieketspelers wat onlangs in Gauteng-Wes krieketspanne volgens hul ouderdomsgroepe opgeneem is.

Skoolwoordvoerder Esme Botha het vertel dat die spanne saamgestel is uit spelers van verskeie skole in Westonaria, Carletonville, Randfontein en Krugersdorp.

Die volgende seuns is in die spanne volgens hul onderskeie ouderdomsgroepe opgeneem:

Adriaan Steenekamp (o.9), Gert Brits (o.10), Juanrey Zaayman (o.11), Pieter Steenekamp (o.13) en Tiaan Hendriks (o.13).

“Die seuns het hard geoefen en aan ‘n reeks wedstryde deelgeneem as voorbereiding vir die eerste toernooi wat die afgelope langnaweek plaasgevind het. Ander distrikte betrokke by hierdie toernooi sluit in Sedibeng, Johannesburg-Wes, Johannesburg-Suid en nog vele meer.”

Sy het vertel dat al die Gauteng-Wes spanne besonder goed gevaar het en hulle sien nou uit na die volgende toernooi wat in Kwartaal 4 gaan plaasvind.

“Die spelers wil ook eerstens hul Rappies-afrigters bedank vir die grondslag wat hulle gevestig het, en ook vir elke ander afrigter wat die seuns help ontwikkel het.”

Rappies-hoofseun Pieter Steenekamp het gesê dat dit vir hom ‘n geweldige voorreg is om sy skool in die Gauteng-Wes krieketspan te kan verteenwoordig.

“Die heel laaste toernooi sal ek koester en diep in my gedagtes stoor.”

Related Articles

Back to top button