Local newsNews

Plaaslike GPF nog veiliger danksy skenking

Minstens 10 lede van Sektor 5 se Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) het 10 koeëlvaste baadjies ontvang.

Die Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) was die afgelope naweek bevoorreg om ‘n skenking te ontvang wat hul lede nog veiliger sal laat voel. Dit beteken ook ‘n veiliger Randfontein.

Willie Stolz van Madiba Mining het 10 koeëlvaste baadjies ter waarde van R22 000 op Sondag, 26 September aan die lede geskenk.

Alle patrolleerders van Sektor 5 wat bestaan uit gebiede soos Loumarina, Bootha Plotte, Elandsvlei, Ooster, Randridge en Townsview het tans koeëlvaste baadjies.

GPF se operasionele koördineerder Henry Boyce het vertel dat dit gratis aan die patrolleerders geskenk is.

“Dit is om hulle veiliger te laat voel want misdaad is hoog. Enige iets kan gebeur en dit gee ‘n mens net meer gemoedsrus want jy weet nie wat op die pad kan gebeur nie. Jou familie gaan baie beter voel as jy daardie ding aanhet,” het hy vertel.

Sektorbestuurder kaptein Ben Beyleveld het gesê die polisie waardeer wat die gemeenskap doen, en dat dit baie moeilik sou wees om misdaad te bekamp sonder die GPF se bydrae.

“Sonder die gemeenskap en die GPF se hulp sal dit baie moeilik wees om misdaad hok te slaan,” het Beyleveld gesê.

Henry het ook die gemeenskap versoek om by die GPF aan te sluit om die dorp veiliger te maak.

Die volgende kontakbesonderhede kan gebruik word vir die GPF:

• SAPS Sektor 5 plase en plotte – 071 675 7097
• GPF Randfontein – 073 444 5864

Related Articles

Back to top button