MunicipalNews

Bome gesnoei om kragonderbrekings te voorkom

'Goeie verhoudings met munisipaliteite kan net tot voordeel wees van gemeenskappe' – AfriForum.

Die AfriForum-tak in Randfontein in samewerking met die Wes-Rand Plaaslike Munisipaliteit het op Saterdag 11 September bome by die Loumarina- en Bootha-kleinhoewes gesnoei.

Volgens Stephanus Blignault, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Wes-Rand druk die natgereënde boomtakke tydens die reënseisoen op die kragkabels wat dan kortsluitings veroorsaak.

Hy het gesê die munisipaliteit het vyf hidrouliese hyskrane beskikbaar gestel vir dié projek en ’n hele paar vrywilligers het hand bygesit met kettingsae. Die tak beplan ook om hierdie projek na Wheatlands uit te brei.

Matium van Vuuren, voorsitter van AfriForum se Randfontein-tak, bedank graag almal wat gehelp het om van dié projek ’n sukses te maak.

“Daar is nog baie werk in Randfontein en ek wil ’n beroep op die gemeenskap doen om betrokke te raak by hierdie selfdoenprojekte.”

Stephanus het afgesluit deur te sê dit is belangrik dat AfriForum saam met munisipaliteite werk om dienslewering te verbeter.

“Goeie verhoudings met munisipaliteite kan net tot voordeel wees van gemeenskappe.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button