Local newsNews

Boere se vee verstik aan ander se vullis

Dit raak vir 'n boer van Bootha Plotte een te veel dat hy eers elke dag ander se vullis op sy plot moet verwyder voordat hy sy diere kan uitlaat.

George Prinsloo, 44, ‘n inwoner van Bootha Plotte en deeltydse boer het verduidelik dat Droogeheuwel as ‘n stortingsterrein gebruik word.

“Daar is ‘n informele nedersetting twee plotte van ons af. Al hul plastiek en ander rommel word in die strate gegooi en dan waai die wind dit oral rond.”

Hy het verduidelik dat dit die afgelope jaar al hoe erger begin raak het en dat niks regtig aan die probleem gedoen word nie.

Elke oggend tel ons plastiek op. Daar is nie ‘n dag wat verbygaan dat ek nie gemors in my erf optel wat rondwaai nie.”

Volgens George is omtrent 66 van sy diere tans geaffekteer deur die rommel en plastiek wat hulle soms inkry.

Hy het vertel dat wanneer die beeste die plastiek eet, kan hulle nie gewig optel nie en gaan uiteindelik dood daarvan. Dieselfde gebeur met sy skape omdat hul verteringstelsel nie die plastiek kan verwerk nie, en dan gaan hulle ook dood.

George Prinsloo met van die afval wat hy moet optel om sy diere te beskerm. Kalfie staan by hom. Foto: Michelle Roodt.

Vanjaar het George reeds sewe skape en ‘n kalf so verloor.

“Ons gooi die plastiek in dromme en maak dit toe, maar daar is net soveel wat jy kan doen.”

Volgens hom raak dinge net al hoe erger; dit beïnvloed besighede en hul grond verloor waarde. Hulle wil net hê dat iemand die probleem moet raaksien en iets daaraan doen.

Daar is ook baie wilde voëls in die area wat doodgaan nadat hulle die plastiek en rommel ingekry het.

Ons as boere in die gemeenskap probeer om ons diere en natuurlewe te beskerm, maar ons kan nie die plastiek stop wat die wind hierheen waai nie.

“Ons moet elke dag sorg dat ons diere veilig is en nie plastiek geëet het nie. Dit raak net erger.”

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button