Kleuters van Ramkriekies het op Woensdag 1 September die lente verwelkom asook ‘n verskil probeer maak in iemand spesiaal se lewe.
Daar was oral blomme, helder kleure en glimlagte op die lekker warm lentedag.
Hulle het ook geld ingesamel vir ‘n Ramkriekie-oudleerder wat aan ‘n seldsame siekte ly om haar mediese onkostes te help betaal.
Juffrou Monica Le Roux het die volgende geskryf:
“Ramkriekies Kleuterskool is so opgewonde; ‘n nuwe seisoen is hier. Daar is niks wat ons gaan keer nie, dis net lag en plesier. Klein Hayden Foster, hierdie dag is net vir jou. Ons sit jou voor Jesus neer, want Hy is getrou. Vir ons is dit net ‘n voorreg om dit vir jou te doen en saam met dit alles net ‘n groot vet soen.”
Meer fotos hier: