Opinion

BRIEF: Ek wil net sê dankie – tuinvurkslagoffer

Baie dankie aan 'n ieder en 'n elk van julle, ek waardeer jul hulp en bystand opreg!

• Gerhard Valentin skryf:

Ek wil net graag ‘n dankie-sê briefie plaas vir almal wat my bygestaan het tydens my onderonsie met die oortreder in my erf op 29 Julie 2021.

Buurvrou Lea wat haar paniekknoppie gedruk het toe sy hom oor die hek gesien klim het; en buurman Douw wat my kom help het om die knaap aan te keer tot die polisie opgedaag het.

Die sekuriteitsmanne van Mapogo wat so vining op die buurvrou se paniekknoppie gereageer het, veral Johan Jonck wat die ambulans ontbied het.

Die twee paramedici wat my wonde op die toneel behandel het en die bloeding gestop het. Asook die twee polisiebeamptes wat gou op die toneel was en my verklaring afgeneem het.

Ek kan ongelukkig nie die polisie-ondersoekbeampte se lof besing nie, want tot op hede was daar nog geen kontak of opvolg van hom/ haar nie.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button