Opinion

BRIEF: Slagoffer van ‘n vindingryke foefie

Geoefende behulpsame swendelaars (met Corona-maskers) wend allerlei slinkse metodes aan om niksvermoedende 'sukkelaars' van hulle geregtigde verdienste te ontneem.

• Desmond Dickson skryf:

Onder die vlaag van bedrog by ons plaaslike OTM-geldkaste is ek deur ‘n bankamptenaar aangeraai om die robotagtige masjiene veiligheidshalwe te vermy en eerder sake by die winkelsentrum te doen.

Geoefende behulpsame swendelaars (met Corona-maskers) wend allerlei slinkse metodes aan om niksvermoedende ‘sukkelaars’ van hulle geregtigde verdienste te ontneem.

Die stelsels word met toiletpapier, maskeerband en foelieomhulsels geblokkeer waartydens senuagtiges onder raserigheid se kaarte vlugtig omgeruil word. (Ek was ‘n slagoffer van hierdie vindingryke foefie.)

Hier kom die Covid-19 wysheid te pas: Handhaaf ‘n veilige volgafstand, vermy oorvol plekke en omstanders met voorbedagte rade wat hulp aanbied met ‘n bose voorneme.

Bly weg hier! Almal word soggens wakker met nuutgeplante Wi-Fi pale wat voor hul huise pronk. Niemand weet rêrig waaroor dit gaan nie, en dit lei tot struwelinge onder die inwoners en die werksgroepe.

Op die kennisgewingbord van die kontrakteurs word hulle voorneme duidelik uitgespel – opknapping en herstelwerk aan die ergste graad van vernielsugtigheid. Pynappel- en Vygiestraat spog met die meeste slaggate wat met allesoortige rommel opgevul is.

Ek bejammer munisipale werkers met hul voertuie wat dienste hier wil verrig.

Toe-kom-ons-rus?

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button