NewsSchools

Oumas brei truie vir Rappies-leerders

Die truie vir Rappies se swaeltjies is gebrei deur oumas van Vriendskaptuiste.

Die oumas van Vriendskaptuiste het op Dinsdag, 27 Julie Laerskool Rapportyer met 23 handgebreide truie vir hulle leerders bederf.

Skoolwoordvoerder Esmè Botha het gesê dit was ‘n groot verrassing en geskenk, veral in hierdie koue winter.

Suster Riana van der Bank het ons kom verras met truie vir Rappies se swaeltjies, spesiaal gebrei deur die oumas van Vriendskaptuiste.”

Sy het vertel dat die hoof van Laerskool Rapportryer, André Kruger elke dame bedank het wat so fluks gebrei het om hul kinders warm te hou.

“As die gemeenskap ekstra wol het wat nie gebruik word nie, skenk dit gerus aan Vriendskaptuiste vir hierdie wonderlike projek van hulle.”

Esmè het dankie gesê namens die Rappies-swaeltjies. Hulle sal die truie uitdeel soos wat dit benodig word.

Related Articles

Back to top button