Local newsNews

Honderde gevoed danksy organisasie

Pink Angels Cares, 'n niewinsgewende organisasie in Venterspos help hulle gemeenskap selfs deur die Covid-tydperk.

Pink Angels Cares, ‘n nie-winsgewende organisasie in Venterspos help hul gemeenskap selfs tydens die pandemie.

Stigter en hoofdirekteur van die organisasie, Demi van Wyk het vertel dat sy en Giselle Thessner dié tipe werk al vir 11 jaar doen.

Die organisasie kook een keer ‘n week kos vir 435 mense, en hulle help 250 mense maandeliks met kospakkies wat saniteerder en maskers bevat.

Demi van Wyk en Giselle Thessner van Pink Angels Cares in Venterspos. Foto: Michelle Roodt.

Die organisasie het streng Covid-reëls by hulle sopkombuis:

• Hulle plaas keëls in die pad en afstandslyne is gemerk om mense 1,5m uitmekaar te laat staan.
• Hulle saniteer die mense se hande en hul temperatuur word gemeet.
• Elkeen moet in ‘n boek teken dat hulle hul kos ontvang het, en moet dan verdaag.

Daar is streng maatreëls in die kombuis:

• Alles in die kombuis word gesaniteer.
• Hulle was en saniteer hulle potte.
• Eenkeer ‘n maand skrop hulle al hul potte en panne deeglik .
• Voorskote en haarnette asook maskers word gedra wanneer kos voorberei word.
• Die potte word voor gebruik weer uitgespoel uit om te voorkom dat mense siek word.
• Wanneer hulle klaar gekook het, word die potte gewas, gesaniteer en in die son gesit.

Hulle het die volgende reëls vir wanneer mense kom kos haal:

• Mense bring hulle eie bakke wat gesaniteer en uitgespoel word voor die kos ingeskep word.
• Net een persoon in ‘n gesin kom haal die kos.
• Wanneer die digitale termometer ‘n lesing bo 38°C grade gee word die persoon ongelukkig weggewys.

Indien ‘n hele gesin positief getoets het, doen Demi-hulle die volgende:

• Demi en Giselle sal vir die gesin ‘n kospakkie neem wat hulle by die hek los.
• Hulle neem ‘n foto van die pakkie by die hek en ry weer want so kom hulle nie in direkte kontak met daardie persone nie.

Hulle het ook eenkeer ‘n maand ‘n krap-en-vat-dag:

• Dit vind plaas op die laaste Saterdag van die maand.
• ‘n R10-toegangsgeld word gehef wat die sopkombuis vir brandstof gebruik sodat hulle goedere kan gaan oplaai.
• Mense moet maskers dra en net een persoon per gesin mag goed kom haal vir die hele gesin.
• Net 50 persone word toegelaat.

“Venterspos het ongelukkig ‘n hoë risiko vir Covid. Almal wat kom kos haal moet hul maskers dra anders kry hulle nie kos nie omdat hulle die regulasies oortree,” het Demi vertel, en bygevoeg dat al hierdie maatreëls getref word omdat hulle by die regulasies moet hou.

Enigiemand wat hulp nodig het of goedere wil skenk sodat hulle kan aanhou om die gemeenskap te help kan vir Demi kontak by 063 518 1139 of vir Giselle by 084 086 7955.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button