Local newsNews

VIDEO: Pretorius-broers is drama-boffins!

Sebastian en Stefan Pretorius het albei derde geëindig in hulle kategorieë vir die DramawebSA se nasionale aanlyn-dramakompetisie.

Twee broers het onlangs uitgehaal en gewys toe hulle tydens DramawebSA, ‘n nasionale aanlyndramakompetisie, ‘n derde plek in hulle kategorieë verower het.

Die 11-jarige Sebastian en sesjarige Stefan Pretorius het op Sondag, 4 Julie deelgeneem aan die nasionale Engels-finaal van DramawebSA waar hulle albei derde gekom het in hulle ouderdomsgroepe vir Engels ongedramatiseerde poësie.

Hul ma, Leonie Pretorius, het vertel dat Dramaweb geaffilieer is by die KKNK en ATKV, en dat dit ‘n baie lekker forum is vir kinders.

“Hulle het ingeskryf met ‘n video en toe deurgedring na die Top 10 waar hulle aanlyn op Zoom aan die finaal deelgeneem het.”

Sy het bygevoeg dat daar ongeveer 20 000 inskrywings van regoor die land was vir die Engels- en Afrikaans-kategorieë.

“Ek dink dit is belangrik om al is dit grendeltyd, nie jou kultuur te ‘lockdown’ nie, net soos wat jy nie jou geloof kan ‘lockdown’ nie. Wat vir my belangrik is, is dat jou kultuur ‘n deel uitmaak van wie jy is, en praat is ‘n belangrike vaardigheid om te hê.”

Sy het vertel dat sy wil hê haar seuns moet daardie selfversekerheid hê, en dat sy as ouer baie trots is op wat hulle bereik het.

Kyk hier: 

 

Sebastian het vertel dat hy baie gelukkig is oor sy derde plek en dat dit vir hom baie lekker is om aan kultuur deel te neem.

Volgens Stefan was dit ook vir hom baie lekker om sy gedig op te sê.

Related Articles

Back to top button