Local newsNews

Covid-19 eis tannie Phyllis kort na haar 100e verjaarsdag

Die Herald-personeel betuig hiermee ons meegevoel teenoor tannie Phyllis se naasbestaandes en wens hulle sterkte toe in hierdie hartseertyd.

Phyllis Liebenberg, ‘n Bootha Plotte-inwoner wat onlangs haar 100e verjaarsdag gevier het, is op Sondag, 4 Julie oorlede.

Melanie Lapham, een van tannie Phyllis se kleindogters het aan die Herald bevestig dit is weens Covid-19.

Tannie Phyllis het op 5 Mei 100 jaar oud geword, en die Herald het in die 21 Mei-uitgawe daaroor berig. Sy het vertel dat sy baie geseënd was, nooit gerook of gedrink het nie, geen choniese medikasie gebruik het nie, en net ‘n leesbril gebruik het.

Vir haar was die 100-jaarmylpaal soos elke ander dag.

My lewe is doodgewoon, en ek is gesën met vier kleinkinders en vyf agterkleinkinders.”

Die Herald-personeel betuig hiermee ons meegevoel teenoor tannie Phyllis se naasbestaandes en wens hulle sterkte toe in hierdie hartseertyd.

Lees ‘n vollediger artikel in volgende week se Herald.

Tannie Phyllis het op 5 Mei 100 jaar oud geword, en die Herald het in die 21 Mei-uitgawe daaroor berig.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button