Local newsNews

KYK: Ons Florinda in Op my Eish!

Florinda Hearn van Randfontein het onlangs op KykNet se realiteitsprogram Op my Eish! verskyn.

Florinda Hearn, 26, het haar kans op liefde met albei hande aangegryp en op kykNET se gewilde TV-program Op my Eish! verskyn.

Volgens kykNET se ampelike webwerf is Op my Eish! … ”n splinternuwe, vars en opwindende realiteitsprogram waar hulle jou moontlik aan ‘n aantreklike, suksesvolle en bekende man kan voorstel. Die man is gewilde akteur Neels van Jaarsveld.’

Kyk hier:

 

Florinda is ‘n skoonheidsterapeut en grimeerkunstenaar van Culemborgpark en het vertel dat sy vir die program ingeskryf het omdat sy gereed gevoel het vir ‘n pasmaat om die lewe saam mee te geniet.

“Ek het gevoel wie nie waag nie wen nie, waag die kans want jy sal nooit weet nie!”

Sy beskryf haarself as ‘n doodgewone mens, mamma en besigheidsvrou, en voel niemand is beter as enigiemand anders nie. Sy hou daarvan om tussen mense te wees maar geniet ook tyd alleen. Sy is lief vir avonture en die buitelewe.

In ‘n pasmaat soek sy iemand wat lojaal is, weet wie hy in homself is, wat met haar kan kommunikeer en wie se voete plat op die aarde is.

“‘n Persoon wat saam met my die lewe kan geniet en ervaar, goed of sleg; iemand wat homself is en wat my kan liefhê en aanvaar vir wie en wat ek is.”

Florinda wil hê mense moet kanse waag en uit hulle gemaksone kom omdat daar ‘n lewe is buite ‘n persoon se borrel.

Volgens haar moet jy jouself vind, lief wees vir jouself en wanneer jy reg is vir ‘n verhouding, die kans waag.

“Op my Eish is ‘n ongelooflike program en ek is trots om deel te kon wees van so ‘n reis. Dis lekker om op televisie te wees omdat ek uit my gemaksone was. Dit is ‘n ervaring wat ek nooit sal vergeet nie.”

Sy het vertel dat Neels ‘n goeie hart het en plat op die aarde is.

“What you see is what you get. Dit was ‘n eer om hom as mens te leer ken vir wie en wat hy is voor en agter die kameras is, en om jou eie mening te vorm en nie noodwendig dié van sosiale media nie.”

Lees meer oor die program hier.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button