NewsSchools

Boelies nie welkom by Rappies nie!

Laerskool Rapportryer het onlangs hulle Antiboelie Week gehad en besoek ontvang van Bikers Against Bullies tydens hulle Kankerbewusmakingsdag.

Boelies en afknouery sal nie toegelaat word by Laerskool Rapportryer nie!

Die skool het dit duidelik gestel tydens hul Antiboelie Week van Maandag, 31 Mei tot Vrydag, 4 Junie. Woensdag, 2 Junie was ‘n besondere hoogtepunt toe Bikers Against Bullies SA (BABSA) en verskeie ander motorfietsryers van die Wes-Rand hulle besoek het op dié dag wat hulle ook aan kankerbewusmaking gewy het.

Motorfietsryers van regoor die Wes-Rand het Rappies se Antiboelieveldtog en Kankerbewusmakingsdag.ondersteun Foto: Michelle Roodt.

Bees Fourie, Bikers Against Bullies Gauteng se president het vir Esmè Lombard, ‘n Graad-2 leerder by Rappies wat embrionale rhabdomiosarkoom gehad het en tans in remissie is, ‘n biker-baadjie gemaak met ‘n kenteken daarop.

Ewin Muller en JJ Brits. Foto: Michelle Roodt.

“Die opgewonde leerders is in vier groepe verdeel om aan Covid-regulasies te voldoen. Bees en ander lede van die klub het vir die leerders ingelig oor boelies, verskillende maniere waarop kinders geboelie word en hoe daar hulp is vir kinders wat deurloop onder enige vorm van afknouery. Dit was ‘n baie leersame week vir Rappies se leerders.”

Bees Fourie loop saam met Esmè Lombard in die saal in. Foto: Michelle Roodt.

Esmè Botha, skoolwoordvoerder, sê dit was ook ‘n week vol aktiwiteite en pret.

“Ons week het begin met pantoffels, Dinsdag het ons leerders kreatief geraak met hulle skoenveters, Woensdag het ons ‘n kankerbewusmakingsdag asook lawwe mussiedag gehad, en Donderdag was daar kouse van alle kleure.” Twee onderwyers, Beverley Brandt en Johan Venter het die program beplan om leerders bewus te maak van boelies en afknouery.

Volgens Esmè was die leerders en die personeel se kreatiewe musse oral sigbaar.

Dido Blagden van BABSA en Ilonka Lourens van Naughty By Nature. Foto: Michelle Roodt.

Names die hoof, Andrè Kruger en Laerskool Rapportryer bedank hulle graag vir Bikers Against Bullies asook lede van alle klubs wat hulle besoek het.

“Ons wil net sê dat die Rappies-ouers, -leerders en -personeel weer gewys het dat hulle ‘n wenspan is.”

Related Articles

Back to top button