Opinion

Mooi loop, ons gaan jou mis!

Adam, die veeartsenydienste-vleisinspeksteur, het onvoorsiens stilweg die tuig verlaat.

• Desmond Dickson skryf:

Die uitgetrede DA-kampvegter Regette Beaufort se man Adam, die veeartsenydienste-vleisinspeksteur, het onvoorsiens stilweg die tuig verlaat …

Jammer Jetta! Sedert ons dae by die RSS-skool was hy deel van ons uitblinkende studiegroep, ‘n medewerker by Bull Brand Foods (die slagpaal) en jeugvriend by die destydse NG Sendingkerk.

Adam was ‘n ligtelike mens met ‘n terggees, en vleisondersoeker by verskeie slagterye gedurende voedselvoorbereiding by begrafnisse waar hy al ondeurvoerbare vleis tot beskerming van die gemeenskap afgekeur het.

Hy was die seun van wyle Oom Boy Beaufort, die klokluier (koster) en sameroeper van kerkdienste. Net enkele dae gelede het hy bont gestaan om ons intieme jeugvriend, Ruben Golden onder die grond te kry. Hierna het slegs drie uit ons sosiale vriendekring oorleef: ek, hy en die redenaar, my neef Isaac Fredericks, van wie hy onafskeidbaar was. Onder die huidige vlaag van onverklaarbare sterftes in ons gebied is ons nou feitlik bedreigde spesies en almal beweeg op dun ys.

Adam het selfs as reservis van die SAPD, buite-ordelikes ernstig aangespreek om hulle weer op spoor te bring.

Wie sou teenoor hom opstanding raak, aangesien hy algeheel vredeliewend was?

Mooi loop ‘De-Vokes’ – ons gaan jou mis!

Related Articles

Back to top button