CrimeNews

Meer as 30 insidente in Randwes die afgelope week – EPR rig waarskuwing

Jongste volledige misdaadverslag van EPR wys minstens 34 insidente waarvan meeste by besighede was.

Nadat hul jongste misdaadverslag bekendgestel is, het Johan Krogh, algemene bestuurder van EPR aan die Wes-Rand ‘n ernstige beroep op inwoners gedoen om meer paraat en oplettend te wees.

Die sekuriteitsmaatskappy het van Maandag, 31 Mei tot Vrydag, 6 Junie op 34 insidente gereageer wat gewissel het van huisinbrake, diefstal en saakbeskadiging, tot aanranding en gesinsgeweld.

“Uit die insidente wat die laaste week aangemeld is, is dit duidelik dat misdaad in die area tans baie hoog is. Veral huisinbrake en diefstal toon tans ‘n skerp styging.

Ons maan inwoners om paraat en oplettend te wees, veral wanneer hulle tuis kom en wanneer hulle hul wonings verlaat. Inwoners moet ook die alams aktiveer al verlaat hul die persele vir ‘n baie kort periode.”

EPR SEKURITEIT SE VOLLEDIGE VERSLAG:

EPR se jongste volledige misdaadverslag vir Randwes. Foto ingestuur.

Related Articles

Back to top button