CrimeNews

Jongste statistieke: 26 plaasaanvalle, sewe boere vermoor in April

ToekomsVonk se jongste statistieke oor plaasaanvalle en -moorde bekendgemaak.

Die burgerregte-organisasie ToekomsVonk hou sedert 2017 noukeurig rekord van aanvalle en moorde op plase.

In ‘n verklaring wat die organisasie onlangs uitgereik het, het Rachel Prinsloo, ToekomsVonk se Veiligheids- en Opleidingsadministrateur, bekend gemaak dat daar sedert Januarie tot April vanjaar 105 plaasaanvalle was en 16 plaasmoorde gepleeg is. Net in April was daar 26 plaasaanvalle, en sewe boere is vermoor.

Die oudste slagoffer van ‘n plaasaanval gedurende 2021 was 87, en die jongste was drie jaar oud. Die meeste aanvalle in 2021 het tussen 6nm en middernag plaasgevind.

“Dit is duidelik dat die aanvallers tans Gauteng die meeste teiken. Die statistieke toon verder dat die aanvallers in groepe aanval. Die meeste aanvallers wat betrokke was tydens ‘n aanval in 2021 was 20. ToekomsVonk vind dit kommerwekkend dat plaasaanvalle en -moorde steeds amper daagliks in Suid-Afrika gebeur.

“Weens die erns van die saak het ToekomsVonk besluit om iets hieraan te begin doen. Ons het reeds in 2019 begin om hulp aan boere te bied met gratis veiligheidstoerusting. ToekomsVonk doen ‘n beroep op boere om hulp te ontbied wanneer hulle iets verdag sien of hoor, en nie uit hulle huise te gaan om ondersoek in te stel nie.

“Daar is bewyse gevind dat aanvallers die mense op verskeie maniere uit hul huise lok om hulle te oorval.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button