Local newsNews

VLU Middelvlei verbreed hul kunskennis

Die dames het onlangs geleer hoe om kolletjiekuns te doen.

Die dames van die Vrouelandbou-unie (VLU) se Middelvlei-tak het op Donderdagoggend, 13 Mei by die Renaissance Aftreeoord bymekaargekom vir hul maandelikse vergadering.

Die lede het tydens die vergadering hulle kunskennis verbreed deur te leer oor hoe om kolletjiekuns (dot art) te doen.

Betty Smit besig om haar klip te versier. Foto: Michelle Roodt.

Die VLU Middelvlei-tak se skakelbeampte, Tersia Herbst het vir die dames geleer hoe om hierdie kalmerende kuns te doen.

Elke dame het ‘n kunspakkie ontvang wat verf, stokkies, ‘n klip en ‘n plaat bevat het, en Tersia het toe mooi verduidelik hoe om die kolletjiekuns te doen.

Die dames het geleer hoe om dot art te doen. Foto: Michelle Roodt.

“Dot art is ‘n kuns waarvoor akrielverf gebruik word. Dit kan op enigiets gedoen word solank die oppervlak goed voorberei is,” het Tersia vertel.

Prente word gevorm deur middel van kolle en dit word ook ‘Mandala’ genoem, en is volgens Tersia ‘n baie kalmerende en ontspannende kunsvorm.

Tersia Herbst besig met haar klip. Foto: Michelle Roodt.

Die dames het die oggend baie geniet en elkeen kon so kreatief wees as wat hulle wou met hul klippe.

Lettie Bosman verf te lekker. Foto: Michelle Roodt.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button