Local newsNews

Nog ‘n toekenning vir bekende sanger, musiekonderwyser

Linda Kilian is onlangs as die beste vroulike popkunstenaar vir 2021 by die Afri-Indie Musiektoekennings aangewys.

Bekende Randfonteinse sanger en musiekonderwyser, Linda Kilian spog met nog ‘n toekenning agter haar naam.

Linda is as die beste vroulike popkunstenaar vir 2021 aangewys by die Afri-Indie Musiektoekennings wat in Pretoria plaasgevind het.

Sy het vertel dat dit vir haar ‘n groot verrassing was en dat sy baie trots daarop is.

“Dit is net wat ek nodig gehad het na 2020 se musiekdroogte weens Covid-19,” het sy vertel.

Die plaaslike sanger spog ook met verskeie toekennings. Sy is onder andere aangewys as 2017 Eurovision SA se nuweling van die jaar, sy is in 2019 benoem vir ‘n kykNET Ghoema vir beste rock-album van die jaar, en sy het die vyfde plek in Afrika behaal by die 2019 AfriMusic-sangkompetisie.

Sy het vertel hoe sy dit mis om op te tree, maar bygevoeg dat sy haar musiekskool uitgebrei het en dat besprekings nou weer inkom.

“Ek werk ook aan nuwe musiek vir die jaar, en dalk ‘n nuwe album in 2022.”

Volgens Linda tree sy al ongeveer 10 jaar op en geniet elke oomblik daarvan. Sy bied ook al die afgelope vier jaar musieklesse aan en is baie trots op haar studente.

“Ek is baie lief daarvoor om my passie voor ‘n gehoor uit te leef, en ek mis die mense en feeste.”

Sy bestee graag haar vrye tyd saam met haar familie, en werk ook aan nuwe musiek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button