Local newsNews

Ridderspore-lede leer ‘n nuwe verftegniek

Die vroue het onlangs nuwe lapverftegnieke geleer.

Die Vrouelandbou-unie (VLU) se Ridderspore-aandtak het op Donderdag, 6 Mei hulle maandlikse vergadering gehou en nog ‘n nuwe kunsvorm geleer.

Marietjie Nel was die gas wat vir die vroue ‘n nuwe lapverftegniek kom leer het.

Marietjie Nel en Gerda Benadie met een van Marietjie se werke. Foto: Michelle Roodt.

Volgens Gerda Benadie, voorsitter van die Ridderspore-aandtak was daar ook pakkette wat die lede kon koop.

“Almal het lekker saam geverf en die aand baie geniet,” het Gerda vertel.

Marna Benson pas die nuwe tegniek toe.

Enigiemand wat belangstel om by die VLU Ridderspore-aandtak aan te sluit is meer as welkom om vir Gerda by 011 693 6446 te kontak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button