Local newsNews

Damian is Teine se Burger-koning!

Damian Grenfell het almal onder die tafel in geëet met 'n tyd van 3 minute en 15 sekondes tydens die Teine se 'Burger Challenge'.

Randfontein Rugbyklub het hul wenner vir die ‘Burger Challenge’ aangewys.

Dit is niemand anders nie as Damian Grenfell van First Help-insleepdienste. Hy het met ‘n verstommende tyd van 3 minute en 15 sekondes die uitdaging gewen en het op Woensdag, 31 Maart sy kroegbewys van R1 000 by die kroegbestuurder, Rudy van Rensburg ontvang.

Rudy van Rensburg (links) oorhandig die R1 000-kroegbewys aan Damian Grenfell. Foto: Michelle Roodt.

“Dit voel goed om te kon deelneem en gekies te word as die wenner,” het Damian met ‘n groot glimlag vertel.

Die top drie tye wat in die klub se ‘Burger Challenge’ aangeteken is:

• Eerste plek: Damian Grenfell – 3 minute en 15 sekondes
• Tweede plek: Barries Meintjes – 3 minute en 50 sekondes
• Derde plek: Keith Flynn – 4 minute en 3 sekondes

Lulu Kleyn, klubbestuurder het beloof dat daar in die toekoms nog sulke uitdagings gaan wees om die klub en die kroeg te bemark.

Related Articles

Back to top button