Local newsNews

‘n Skoonmaakveldtog met Move One Million

Move One Million Gauteng doen 'n beroep op die gemeenskap om hulle #1milliontrashbags-veldtog in Randfontein op 10 April te ondersteun.

Lizl Pistorius, ‘n veldverteenwoordiger vir Move One Million Gauteng doen ‘n beroep op die gemeenskap om hul #1milliontrashbags-veldtog te ondersteun.

Sy het vertel dat hulle op Saterdag, 10 April om ongeveer 9vm op die hoek van Stubbs- en Eerstestraat bymekaar gaan kom en dan aanbeweeg om onder die brug gras te sny en skoon te maak.

“Met ons veldtog gaan ons kyk hoeveel swartsakke ons binne drie uur kan volmaak,” het sy vertel.

Sy nooi die gemeenskap uit om te help gras sny en vullis op te tel. Dié wat nie self kan help nie, kan water en selfs ‘n toebroodjie voorsien aan die ander wat gaan opruim.

Dit is nou die tyd! Ons as die gemeenskap moet saamstaan en ons dorp terugvat.”

Lizl en die Move One Million-span wil die jeug betrokke kry en die leerders leer hoe om te help om die land te red, en weer lewe en kleur te gee. Daarom vra hulle dat alle skole en hul leerders hulle ook sal kom help.

Volgens Lizl wil hulle nie net Randfontein nie maar die hele land skoonmaak sodat mense weer trots kan wees op die plek waar hulle bly, en kinders weer kan buite speel.

Om te kla gaan ons nêrens bring nie. Kom ons klim almal in en ruk die dorp reg!”

• Navrae: Lizl by 060 875 8289.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button