Local newsNews

VLU in R’fontein bederf Life Flora-verpleegpersoneel

Verpleegpersoneel van Life Flora Hospitaal in Roodepoort se Scope Theatre-eenheid bederf deur Vrouelandbou-unie (VLU) se Middelvlei-tak.

Die Vrouelandbou-unie (VLU) se Middelvlei-tak het op Dinsdag, 9 Maart die verpleegsters in the Scope Theatre-eenheid by Life Flora Hospitaal verras met bederfpakkies.

Volgens Ria Herbst, voorsitter van die Middelvlei-tak, het hulle die bederfpakkies geskenk om dankie te sê vir die harde werk wat die verpleegpersoneel doen.

“Een van ons lede was by Life Flora Hospitaal en het daar die behoefte raakgesien om hierdie verpleegsters te bederf,” het Ria verduidelik.

Dit is ‘n eer om hierdie geskenke te ontvang en dit laat die personeel spesiaal, gesog en nodig voel,” het ‘n dankbare Karen Whittaker, verpleegsuster by die Scope Theatre Eenheid gesê.

Sy het die VLU Middelvlei-tak opreg bedank vir die pragtige geskenke wat al die verpleegsters in haar eenheid ontvang het.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button