Local newsNews

Help so die boere van Laingsburg

Meegevoer deur die swaarkry wat die boere in Laingsburg in die Wes-Kaap deurmaak het Jannie Roets van Integral Makelaars besluit hy wil help. Hy vra ander aan die Wes-Rand om ook in te spring en te help.

Meegevoer deur die swaarkry wat die boere in Laingsburg in die Wes-Kaap deurmaak het Jannie Roets van Integral Makelaars besluit hy wil help. Hy vra ander aan die Wes-Rand om ook in te spring en te help.

‘n Vorige voerskenking wat Laingsburg toe gestuur is. Foto ingestuur.

‘n Ou vriend van hom boer deesdae in die Laingsburg-distrik en het vir hom vertel hoe swaar die boere en hul gesinne kry. Dit het Jannie laat besluit hy moet iets doen. Sommer vinnig het hy ‘n borg vir 30 ton voer gekry maar die probleem was om dit in die Wes-Kaap te kry.

Na nog ‘n paar oproepe kon hy ‘n trok kry om die tonne voer Groot Karoo toe te neem.

Jannie Roets wil 30 ton voer by die Laingsburg-boere uitkry. Foto: Natasha Pretorius.

Ongelukkig is daar nog net een stap nodig om te verseker dat die bitter nodige voer by die boere uitkom, en dit is om die diesel vir die trok te kan koop.

Jannie het verduidelik dat hulle 1 700 liter diesel sal nodig hê vir die roete. Total in Helderkruin, Roodepoort het na vore gekom en gesê dat hulle sal help met afslag indien Jannie die fondse vir die diesel bymekaar kan maak.

‘n Vorige voerskenking wat Laingsburg toe gestuur is. Foto ingestuur.

“Dit is vreeslik hartseer dat die boere daar so sukkel,” het Jannie gesê.

Indien jy wil bydra tot die diesel vir die trok wat die voer Laingsburg sal neem, kan jy vir Jannie skakel by 083 415 6213.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button