Laerskool Rapportryer se nuwe groep Graad 1’s is verlede week grootskool toe.
Daar was talle met glimlagte op hul gesigte.
Die leerders was nie net opgewonde om uiteindelik deel te wees van grootskool nie, hulle het ook te fraai gelyk en nuwe maats gemaak.
Almal se hare was mooi getooi, party met linte en strikkies.
Die Graad 1-onderwysers was almal gretig om die nuwe graadeentjie-paddabeentjies uiteindelik na ‘n lang wag in hul klaskamers te verwelkom.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.