Opinion

Hier kom ‘n tragedie, ek waarsku julle …

Ons is nou al rasend en raadop want daar word net nie gehoor gegee aan ons versoeke nie.

• Natasha Storm skryf:

Ek wil graag my klagte op skrif stel aangesien ek amper vandag, 4 Februarie in ‘n ernstige en noodlottige ongeluk was. Ek moes uitswaai vir ‘n trok wat slaggate probeer vermy, en hy het my van die pad afgedruk.

Sekere dele kan jy glad nie meer gebruik nie en jy moet op die sykant ry.

Ek rapporteer Steynstraat al vir vier jaar! Groot trokke gebruik die pad van die laekoste-ontwikkeling se verskaffers. Die pad is nie gemaak vir die swaar voertuie nie. Hul gebruik nie Pad 1 nie aangesien hy in net so n haglike toestand is.

Ons op die plotte kry nooit aandag nie. Ons betaal ook erfbelasting maar kry geen diens wat betref riool, vullis, straatligte, niks nie.

Ek maak die slaggate elke keer maar op ‘n manier uit my eie sak toe, maar sodra dit reën dan is dit maar weer daar en erger.

Kan ons ook maar die pad toepak met rotse soos sekere strate in Finsbury om te verhoed dat die groot trokke en skoolbusse daar ry? Met die skole wat begin is dit ook ‘n probleem want die taxi’s en ‘n laerskool se bus ry op die pad. Kinders loop daar van die skool af en ek kan julle waarborg dit gaan in ‘n tragedie eindig.

Of, gaan die munisipaliteit vir my geld gee dan kry ek ‘n sementtrok en maak die pad reg met my werkers?

Ons is nou al rasend en raadop want daar word net nie gehoor gegee aan ons versoeke nie.

Hierdie skrywe dien as ‘n versoek om asseblief ons pad te kom regmaak en as bewys dat ek die gevare onder jul aandag gebring het, veral omdat daar skoolkinders loop.

Related Articles

Back to top button