Local newsNews

Smullekker kaaskoek vir die Kerstafel

Juanita Venter deel met ons haar Kersfees-kaaskoekresep.

Die Herald het ‘n draai gaan maak by die Petite Chef-kookskool waar die eienaar, Juanita Venter vir ons verduidelik het hoe om ‘n smullekker kaaskoek te maak – iets wat perfek vir vanjaar se Kerstafel sal wees.

Kersfees-kaaskoek in vrugtekoektertdop 

Voorbereidingstyd: 45 minute

Baktyd : 80 minute

Afkoeltyd: 3 uur

Genoeg vir 8 mense

Bestanddele:

• 1 x 500g onversierde vrugtekoek
• 3 x 230g houers roomkaas
• 180ml suurroom
• 300g strooisuiker
• 3 x eiers
• 1 x eiergeel
• ‘n knippie sout
• 5ml vanillageursel of 1 vanillapeul
• 30ml heuning
• Kersies, aarbeie, bloubessies en ment om voor te sit

Metode:

• Voorverhit die oond tot 160°C.
• Sny vrugtekoek in skywe van 2–3cm dik, en pak dit styf teen mekaar onder in ’n 22cm-losboomkoekpan.
• Verkoel dit in die yskas.
• Pols die orige bestanddele in ‘n voedselverwerker (nie te veel nie) tot glad.
• Skep in die vrugtekoektertdop.
• Voer ‘n diep oondpan met ‘n vadoek uit, plaas die koekpan in die oondpan en giet louwarm water rondom.
• Bak teen 160°C vir 80 minute tot die rande gestol het en die mengsel effens drillerig in die middel is.
• Haal uit die oond en laat tot kamertemperatuur afkoel.
• Plaas dit 3 uur lank in die yskas om te stol.
• Keer die kaaskoek op ‘n bord uit en versier met kersies, aarbeie, bloubessies en ment.

Related Articles

Back to top button