NewsSchools

Ram-personeel hou potjiekoskompetisie om jaar af te sluit

Die Graad 2-personeel het die beste gees gehad en die Graad 7-personeel het die beste potjie voorgesit.

Laerskool Randfontein se personeel het onlangs ‘n prettige jaareindfunksie gehou in die vorm van ‘n potjiekoskompetisie.

Volgens Annie Nolan, skoolwoordvoerder, spog Ram met ‘n dinamiese span personeellede onder die leiding van skoolhoof, Leon Haupt.

Die span bestaan uit 63 onderwysers, nege kleuterskooldames, vier kantoordames, 15 studente en agt algemene werkers. Leon glo dat ‘n personeelgroep wat mekaar goed ken en verstaan baie beter saamwerk.

Die bestuur van Ram het ‘n lekker jaareindfunksie vir die personeel gereël om die gees van samehorigheid en dinamika onder die personeel te versterk,” het Annie gesê.

Sy het verder gesê dat dit moeilik was om ‘n formele funksie te hou met al die Covid-regulasies, en dit is hoekom die afskeidsfunksie in die vorm van ‘n potjiekoskompetisie buite gehou is.

Die Graad 2-personeel het hulle area soos ‘n Indiaanse kamp versier. Foto ingestuur.

“Die tema was ‘Cowboys en Indians’ en die verskillende spanne het bestaan uit die onderskeie graadgroepe se personeel. Elke groep kon hul eie bestanddele aankoop en besluit hoe hulle die tema gaan volg.”

Die Graad 2-personeel was uiteindelik die wenners, want hulle het die meeste moeite gedoen met hul versierings en het die beste gees gehad. Die Graad 7-personeel het die beste potjie gemaak.

Die hoof het weereens besef dat hy aan die hoof staan van ‘n groep dinamiese mense wat ons skool tot nog groter hoogtes gaan neem in die jare wat kom,” het Annie vertel.

Die personeel van Laerskool Randfontein het die middag ten volle geniet.

Hannes Muller, Riekie Gerber, Chanel Rautenbach en Annie Nolan het die beste potjie vir die dag gemaak. Foto ingestuur.

Related Articles

Back to top button