Local newsNews

Almal soek net ‘n bietjie liefde, Luna ook …

Luna van Cast Aways Animal Sanctuary is op soek na haar eie familie wat haar kan liefhê.

Daar is baie diere wat liefdevolle huise soek … diere soos Luna.

Luna is by die Cast Aways Animal Sanctuary in Randfontein gebore en is op soek na haar eie familie wat haar kan liefhê.

Volgens Louisa Rossouw, eienaar van Cast Aways, is Luna ‘n skilpadkat van omtrent ‘n jaar en ‘n half oud.

Luna het die oulikste groen oë en mediumlengte pels met die mooiste bruin en oranjerige kleure. Sy is baie liefdevol en hou daarvan om opgetel te word en drukkies te gee, asook om teen ‘n mens te skuur,” het Louisa vertel.

“Luna is ook uniek, want as sy spin klink dit soos ‘n duif wat koer, wat haar nog ouliker maak. Sy sal maklik inpas by ‘n familie wat honde het, dis nou as die honde aan katte gewoond is.”

As jy dink dat Luna mooi by jou familie sal inpas, skakel vir Louisa by 072 812 3333.

Related Articles

Back to top button