NewsSchools

Riebeeckrand hou akademiese prysuitdeling

Hoƫrskool Riebeeckrand het 'n akademiese prysuitdeling gehou vir hulle matrikulante.

HoĆ«rskool Riebeeckrand het erkenning gegee aan hul matrikulante tydens ‘n spoggerige akademiese prysuitdeling.

Elzeri Wright, skoolwoordvoerder het vertel dat daar tydens hierdie geleentheid erkenning gegee word aan leerders vir hul harde werk deur die loop van hul matriekjaar. Sertifikate, balkies, erekleure, lourierkleure en trofees is oorhandig en die duxleerder is ook aangekondig.

Wjanik Beneke ontvang lourierkleure vir haar uitmuntende voorlopige gemiddeld van 83,4 persent, en Teodoir van Staden het die Duxleerder-trofee ontvang. Die leerder met die hoogste gemiddelde persentasie van Graad 8 tot 12 ontvang jaarliks diƩ besondere toekenning.

Hier is die Top 10:Ā 

ā€¢ 10e: ZnĆ© Dreyer
ā€¢ 9e: ZhuandrĆ© Eloff
ā€¢ 8e: JuanĆ© Brits
ā€¢ 7e: Izaan Rolf
ā€¢ 6e: DantĆ© Havenga
ā€¢ 5e: Teodoir van Staden
ā€¢ 4e: Nadine Greeff
ā€¢ 3e: SimonĆ© van den Berg
ā€¢ 2e: Sunica van Wyk
ā€¢ 1e: Wjanik Beneke

Elzeri het vertel dat die Riebeeckrand-familie ontsettend trots is op al die matrikulante wat so hard gewerk het ten spyte van al die uitdaging wat Covid-19 gebring het.

Related Articles

Back to top button