Local newsNews

Besighede vat hande by Teine-brunch

Besigheidsmans- en -vroue van ver en reg onder ons neus het 'n Teine-brunch bygewoon om besigheid te praat.

Talle besigheidsmanne en -vroue het van oral op 4 November by Randfontein Rugbyklub bymekaargekom vir ‘n #Teineboys Business Brunch.

Wanita Dullisear CLO by Itec, en Dean Olivier van Itec. Foto: Michelle Roodt.

Die doel was om besigheid te praat en om mekaar beter te leer ken.

Leonard Dullisear, MD by Itec saam met Gerald King, MD van Mapogo. Foto: Michelle Roodt.

“Dit is belangrik dat besigheidsmanne en -vroue kan kommunikeer en besigheid doen. Die doel is om verskeie besighede aan mekaar voor te stel en bande te smee,” het Johan Cronjè, voorsitter van die klub en direkteur van Mapogo vertel.

Cornè Hulme van TSP en Michael Grobler van Pest Control. Foto: Michelle Roodt.

Hulle beoog om ten minste een keer per maand so ‘n gesellige geleentheid aan te bied.

Nico Greyvenstein en Chris Coetzee van Mapogo. Foto: Michelle Roodt.

“Dit was ook ‘n geleentheid om besigheidsmense van die Here te vertel wat ons so gedra het tydens die inperking weens Covid-19. Sonder Hom sou ons dit nie gemaak het nie,” het Johan gesê.

Vusi Khoza van Eskilz College, Michelle Estherhuizen van Itec en Julia Lefakane van Eskilz College. Foto: Michelle Roodt.

Hy het vertel dat Itec die spitbraai en ander kos geborg het. Voortaan sal elke besigheid die geleentheid kry om die kos vir die funksie te voorsien.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button