Local newsNews

Ramkriekies hou fliekdag!

Die onderwysers van Ramkriekies hierdie pretdag gereël sodat almal kon wys hoe bly hulle is om weer terug by die skool te wees.

Die leerders van Ramkriekies het Vrydag, 16 Oktober ‘n prettige dag gehad toe hulle aangetrek het soos hul gunstelingfilmsterre.

Volgens Lee-Ann Nel, ‘n Graad RRR-onderwyser, het die onderwysers van Ramkriekies hierdie pretdag gereël sodat almal kon wys hoe bly hulle is om weer terug by die skool te wees.

Mieke Wentzel is Superwoman. Foto: Ingestuur.

“Die dag is gehou om die klein dingetjies in die lewe te geniet, wat dit spesiaal maak vir die klein mensies wat vir ons elke dag ons glimlag gee,” het Lee-Ann verduidelik.

Sy het ook vertel dat hulle vir Leon Haupt, hoof van Laerskool Randfontein verras het met ‘n Superheld-liedjie vir Baasdag, omdat hy hul Superhero is. Op sy beurt het Leon die leerders verras deur vir hulle roomys te stuur.

Aanya Meerkotter is Elsa van Frozen. Foto: Ingestuur.
Charlene Joubert is Prinses Fiona. Foto: Ingestuur.
Melienke van der Poel is Superwoman. Foto: Ingestuur.
Charmolize Smith is Anna van Frozen. Foto: Ingestuur.
Louis du Plessis is Hulk. Foto: Ingestuur.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button