NewsSchools

Nuwe kapteine van die Riebeeckrand-skip

Hoƫrskool Riebeeckrand het onlangs hulle seniorraad van 2021 tydens 'n spoggerige inhuldigingseremonie aangekondig.

ā€˜n Spoggerige inhuldigingseremonie vir HoĆ«rskool Riebeeckrand se nuut verkose seniorraad van 2021 is op Vrydag, 2 Oktober gehou.

Die bestuurskomitee is ook tydens hierdie geleentheid aangekondig. Volgens Elzeri Wright, skoolwoordvoerder, spog Riebeeckrand graag met hulle uitvoerende bestuur van 2020/2021.

Hulle is:

ā€¢ Hoofseun: Koketso Sebeka
ā€¢ Hoofdogter: Devonique Breedt
ā€¢ Onderhoofseun: Collin da Corte
ā€¢ Onderhoofdogter: ZenĆ© van der Merwe

Die uitvoerende komiteelede is:Ā 

ā€¢ Ruben Jansen van Rensburg
ā€¢ Ruman MĆ¼nz
ā€¢ Nicola van der Merwe
ā€¢ Christelle Vosloo

Die hoofseun en hoofdogter wil 2021 ‘n onvergeetlike jaar maak,” het Elzeri gesĆŖ, en verduidelik dat dit Devonique se droom is om volgende jaar die skool se visie, missie en waardes uit te leef.

“Sy wil verseker dat al die leerders die geleentheid sal kry om elkeen hul volle potensiaal te bereik.”

Koketso, die hoofseun, wil opmaak vir die tyd en geleenthede wat weens die Covid-19 pandemie verlore gegaan het.

“Hy wil baie geesvangsessies hou en seker maak dat die Raad van 2021 nie vergeet word nie,” het sy vertel.

Sy noem ook dat die Riebeeckrand-familie ā€˜n eenheid is wat trots is op hul skool. Daarom sien die nuutverkose raad van 2021 daarna uit om hul skool se leuse, beginsels en waardes uit te leef.

Related Articles

Back to top button