Local newsNews

Kom bid vir Randfontein se toekoms – Teine

Randfontein Rugbyklub nooi die gemeenskap uit om saam met hulle te kom bid vir die dorp asook die klub te toekoms gedurende hulle kerkdiens op Sondag, 20 September.

Randfontein Rugbyklub nooi die gemeenskap uit om hulle kerkdiens op Sondag, 20 September in Greenhills by te woon.

Volgens Lulu Kleyn, die klubbestuurder, het hulle besluit om die kerkdiens te hou vir die dorp asook die klub se toekoms wat gelei gaan word deur DS Jasper Van der Westhuizen van die Nederduitsch Hervormde kerk Randfontein Midpark. 

Tanya V is die sanger vir die oggend. Verversings sal beskikbaar wees by die snoepie voor en na die diens.

“Om te keer dat mense nie te naby aan mekaar kom nie sal hulle in hulle voertuie sit op die A-veld maar hulle mag ook uitklim en by hulle voertuie sit as hulle wil, solank daar distansie gehandhaaf word,” vertel Kleyn.

Volgens Johan Cronjè, voorsitter van Randfontein Rugbyklub, het hulle besluit om die kerkdiens te hou om die Randfontein-mense weer bymekaar te bring en hulle bewus te laat maak dat hulle nie alleen is tydens die Covid-19 tydperk en sy uitdagings nie.

Ons almal was deur dit en ons almal het dit gemaak. Ons gaan ook bid vir Randfontein se toekoms asook die klub want dit is moeilike tye en dit is nie maklik nie en as ons weer begin saamstaan en mekaar ondersteun, dan kan dit makliker raak. Dit is ook om die gemeenskap weer bewus te maak van God en dat hy altyd daar was vir ons gedurende die inperking,” het Cronjè vertel.

Ingang is gratis maar donasies is welkom. Aan die einde sal daar kollekte opgeneem word.

Related Articles

Back to top button